Johannes Mario Simmel – Dit waarvan drome gemaak word

dasalltaeglichetheather

#4 Der Stoff, aus dem die Träume sind – Ausschnitt 1.0.

johannes-mario-simmel

Daar was ´n stad met baie mense, en die stad was van magtige mure omsluit, niemand kon haar verlaat nie, en in die mure was daar vier reuse torings wat hoog in die hemel in getoring het. En daar het geweldige groot gestaltes op die torings gestaan wat sonder ophou hulle brullende stemme laat hoor het.

En deur die strate van die magtige stad het mejuffrou Luise aan die sy van haar liefling, die dooie staatswerker-diensman en voormalige filosofiestudent van Rondorf by Köln, geloop.

En mejuffrou was baie gelukkig daaroor, dat die student by haar was, want sy het baie verlore en sonder beskerming gevoel in die oneindig grote stad.

 

En die gestalte op die eerste toring het geskree: “Kom na my toe, almal wat moeg en oorlaai lewe! Julle is almal gelyk gebore! Julle almal het gelyke regte! Julle almal besit volgens die wet gelyke beskerming teen honger, nood en vrees! Strewe na geluk! Hou vas aan die ideale van geregtigheid, selfbeheersing, kuisheid, beskeidenheid en deugd!”

Maar die mense wat verby gejaag het was glad nie gelyk gebore nie en het gladnie gelyke regte besit nie en ook nie gelyke beskerming teen honger, nood en vrees nie en min was daar te sien van geregtigheid of deugd. Veel eerder kon ’n mens arm en ryk mense sien, swart en wit, onderdrukker en onderdrukte, uitbuiter en uitgebuite, slaner en geslaande, vervolger en slagoffer.En mejuffrou Luise het haar vriend gevra: “Wie is dit wat so skree daar op die eerste toring?”

 

En die student het geantwoord: “Dit is die woordvoerder vir demokratie.”

 

En die gestalte op die tweede toring het uitgevaar: “Vervloek sal wees alle sondaars, hulle wat die vleeslikke luste geniet! Vervloek sal wees in ewigheid en brand in die vure van die hel almal wat in hulle gedagtes en gevoelens dit, wat met seks en met alle ander aards drange te doen het, plek gee en najaag.”

En die mense wat by mejuffrou Luise verby gejaag het, het hulle koppe gebuig en in hulle gesigte was vrees en skuld.

En mejuffrou Luise het haar vriend gevra: “Wie is dit wat so skree daar op die tweede toring?”

 

En die student het geantwoord: “Dit is die hoof van die Christene.”

 

En die gestalte op die derde toring het gedonder: “Beveg die diktatuur van die proletariaat! Vernietig kapitalisme! Jaag korupsie en onsedelikheid! Bou die suiwer staat van die werker, boere en intellektuele!”

En die mense het vol bitterheid en skrik gekoes, en geen een het dit gewaag om vir mejuffrou Luise te kyk nie, en sy het die student gevra:  “Wie is dit, wat op die derde toring staan?”

 

En die student het geantwoord: “Dit is die leier van die kommuniste”

 

En hulle het verder deur die eindelose strate geloop en het gehoor hoe die reuse gestalte op die vierde toring brul: „Wees dapper en sterk en gereed om julle lewens vir die vaderland te gee! Vernietig die uitgebore joodse ongees! Laat reinheid en ere julle lewensdoel wees vir die toekoms van julle volk en die geluk van julle kinders!“

En die mense het nog dieper gekoes en het nog vinniger weg gejaag en in hul gesigte het die doelgerigtheid van tereur en vreesweerspieël waaronder hulle gely het, en mejuffrou Luise het die student gevra: “Wie is dit wat op die vierde toring staan?”

 

En die student het geantwoord: “Dit is die leier van die fasciste”                                                

So begin ´n droom wat Luise Gottschalk in die leë afdeeling van ’n trein gehad het, wat Rotenburg in die rigting Hamburg verlaat het, ’n driekwartuur nadat sy uit die Köln trein uitgeklim het. Die trein was nog amper leeg en het dikwels stil gehou. Mejuffrou Luise het vas besluit, om onder alle omstandighede wakker te bly, want sy het geweet sy versigtig moes wees, baie versigtiger as tot nou toe. Maar haar moegheid was sterker, en gou het sy geslaap en hierdie eienaardige droom gehad. Later het sy my daarvan vertel, wat sy dan later in Hamburg oorkom – dit wat ek nou neerskyrf. Sy het gesê: “Dit was ’n verskriklike droom. En sovreesaanjaend. En ek weet glad nie meer presies of ek gedroom het, of ek dit werklik gesien het nie. Nietemin was dit seker ’n genade vir my dat ek dit mag beleef het…”

Johannes Mario Simmel – Der Stoff, aus dem die Träume sind
Setzerei, Kapitel 18, Seite 399 – 401

Advertisements

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: