Wiederholungstest 2

Afrikaans -Prüfung 2

Obwohl die Leseverständnistest die gleiche Gesichte als in Prüfung 1 beinhalten sind die Fragen anders. Viel Spaß!! Zwischen 65-80 % gleich Niveau A1, 80 – 100%, A2.

Vraag 1 Begripstoets

Lees die storie en antwoord die vrae wat volg.

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS

Aan die een end van ’n klein stadjie lê ’n verwaarloosde ou tuin. In die tuin staan ’n ou huis, en in die huis woon Pippie Langkous. Sy is nege jaar oud en sy woon stoksielalleen in die huis. Sy het nie ’n mammie of ’n pappie nie, en dit is vir haar eintlik baie lekker, want op dié manier is daar ook mos niemand wat vir haar kan sê sy moet gaan slaap nes sy op haar lekkerste aan’t speel is of wat vir haar lewertraan kan injaag as sy liewer lekkergoed wil eet nie. Eens op ’n tyd het Pippie darem ’n pappie gehad, en sy het vreeslik baie van hom gehou; ja, en sy het darem ’n mammie ook gehad, maar dit was so lank gelede dat Pippie haar glad nie kan onthou nie. Haar mammie is dood toe sy nog ’n klein ou babatjie was wat so gevaarlik in haar wiegie lê en skree het dat g’n mens naby haar kon kom nie. Pippie meen dat haar mammie nou daarbo in die hemel woon en deur ’n klein gaatjie kan afkyk en haar dogtertjie sien, en Pippie kyk dikwels op en waai vir haar en sê: „Mammie moenie bang wees nie, hoor! Ek sal regkom!“

Maar haar pappie het sy ook nie vergeet nie. Hy was ’n skeepskaptein en hy het op die oseane rondgevaar, en Pippie het saam met hom op sy skip gevaar totdat hy deur ’n stormwind oorboord gewaai is en verdwyn het. Maar Pippie is heeltemal seker hy sal eendag weer terugkom. Sy glo glad nie dat hy verdrink het nie. Sy glo dat hy tot by ’n eiland gedryf het wat vol mensvreters was, en toe word hy die koning van al die mensvreters en nou loop hy die hele dag met ’n goue kroon op sy kop daar rond.

„My mammie is ’n engeltjie en my pappie is ’n mensvreterkoning, a ja! En dis nie sommer elkeen wat so ’n wonderlike mammie en pappie het nie!“ vertel Pippie altyd hoog in haar noppies. „En as my pappie eers vir hom ’n boot gebou het, dan kom hy my haal en dan word ek ’n mensvreterprinses. Dan gaan julle ’n ding sien!“ Jare gelede al het haar pappie die ou huis met die ou tuin gekoop. Hy het gedink hy en Pippie sou lekker daar kon saamwoon as hy eendag oud word en nie meer op die oseane kan rondvaar nie. Maar toe kom die lastige stormwind en waai hom in die see in, en terwyl Pippie nou wag dat hy moet terugkom, het sy maar solank in Huis Winderuis gaan woon. Dit was die huis se naam. Hy het mos klaar gemeubileerd daar vir haar staan en wag.

Een heerlike someraand het sy al die matrose op haar pappie se skip gegroet. Hulle was baie lief vir Pippie en sy vir hulle. „Tot siens, ouens,“ sê Pippie en soen hulle die een na die ander op die voorkop. „Moet julle nie oor my bekommer nie, hoor! Ek sal regkom!“

Sy het twee dinge met haar saamgevat: ’n klein apie met die naam Meneer Jakobs, wat haar pappie vir haar present gegee het, en ’n groot tas vol goue muntstukke. Die matrose het teen die reling op die dek gestaan en Pippie agterna gestaar tot hulle haar nie meer kon sien nie. Met Meneer Jakobs op haar skouer en die groot tas in haar hand het sy reguit aangestap en glad nie omgekyk nie. „’n Merkwaardige kind,“ het een van die matrose gesê toe Pippie in die verte verdwyn en hy ’n traantjie staan en afvee. En hy was reg. Pippie is ’n baie merkwaardige kind. En die merkwaardigste van alles is die feit dat sy so sterk is. Sy is geweldig sterk. In die hele wye wêreld is daar geen enkele konstabel wat so sterk is soos sy nie. As sy wil, kan sy ’n perd oplig. En sy wil ook. Sy het haar eie perd, wat sy op die dag van haar aankoms in Huis Winderuis met een van haar baie goue munte gekoop het. Sy wou altyd so graag haar eie perd hê. En nou woon hy op die stoep. Maar as Pippie in die middag daar wil koffie drink, tel sy hom sommer op en sit hom in die tuin neer.

Langs Huis Winderuis is daar nog ’n huis met ’n tuin. In die huis woon ’n pappie en ’n mammie en hul twee oulike kindertjies – ’n seuntjie en ’n dogtertjie. Die seuntjie se naam is Tommie en die dogtertjie se naam is Anneke. Hulle is twee baie soet kindertjies, goed opgevoed en gehoorsaam. Tommie byt nooit sy naels nie en doen altyd wat sy mammie vir hom sê. Anneke skop nooit ’n kabaal op as sy nie haar sin kan kry nie. Sy lyk altyd fraai in haar gladgestrykte katoenrokkies en sy sorg altyd dat sy haar nie vuilsmeer nie. Tommie en Anneke speel ewe soet in hul eie tuin, maar hulle het al dikwels gewens hulle het ’n speelmaat, en toe Pippie nog destyds met haar pappie op die oseane gevaar het, het hulle soms oor die heining geleun en vir mekaar gesê: „Dis darem naar dat niemand hier langsaan kom intrek nie. Daar moet iemand in daardie huis kom woon, iemand met kinders.“

Daardie heerlike someraand toe Pippie vir die eerste keer oor die drumpel van Huis Winderuis gestap het, was Tommie en Anneke nie tuis nie. Hulle het ’n week lank by hul ouma gaan kuier. Hulle het dus geen benul gehad dat iemand in die buurhuis ingetrek het nie; en toe hulle die eerste dag na hul tuiskoms by hul tuinhekkie gaan staan en in die straat op en neer kyk, het hulle ook nog nie besef dat daar werklik nou ’n speelmaat so naby hulle woon nie.

Terwyl hulle daar staan en wonder wat om te doen, en wonder of daar die dag iets lekkers gaan gebeur en of dit weer van daardie dae gaan wees dat hulle aan niks kan dink om te doen nie, toe gaan die hek van Huis Winderuis oop en ’n dogtertjie kom daar uit. Dit is die merkwaardigste meisiekind wat Tommie en Anneke nog ooit gesien het.

Dit is Pippie Langkous, en sy lyk so: Haar hare is die kleur van ’n geelwortel en sy dra twee stywe vlegsels wat bo haar ore uitstaan. Haar neus lyk soos ’n aartappeltjie en is vol sproete, en onder die neusie het sy ’n besonder breë mond met sterk, wit tande. Haar rok is bra eienaardig. Pippie het dit self gemaak. Sy het eintlik bedoel om vir haar ’n blou rok te maak, maar daar was nie genoeg blou materiaal nie, toe werk sy maar hier en daar ’n lappie rooi goed ook in. Aan haar lang, dun beentjies dra sy lang kouse, ’n bruine en ’n swarte. En dan het sy ook ’n paar swart skoene aan wat presies twee keer so lank soos haar voete is. Dié skoene het haar pappie vir haar in Suid-Amerika gekoop sodat haar voete darem plek het om te groei, en Pippie wou nooit weer ’n ander paar skoene hê nie.

Maar wat nou regtig Tommie en Anneke se oë laat rek, is die apie wat op die vreemde dogtertjie se skouer sit. Dit is ’n klein apie met ’n blou broekie, ’n geel baadjie en ’n wit strooihoedjie.

Nou stap Pippie in die straat af, met die een voet op die sypaadjie en met die ander in die voortjie. Tommie en Anneke staar haar agterna tot hulle haar nie meer kan sien nie. Na ’n rukkie kom sy terug en nou loop sy agteruit. Dit is sodat sy nie hoef om te draai as sy huis toe gaan nie. Toe sy reg oorkant Tommie en Anneke se hekkie kom, gaan staan sy. Die kinders kyk mekaar in stilte aan.

Eindelik vra Tommie: „Hoekom loop jy agteruit?“ „Hoekom loop ek agteruit?“ sê Pippie. „Leef ons dan nie in ’n vry land nie? Kan ’n mens nie loop soos jy wil nie? In Egipte loop al die mense agteruit, dit kan ek julle sê, en g’n mens dink daar dis snaaks nie.“

„Hoe weet jy dit?“ vra Tommie. „Jy was mos nog nie in Egipte nie.“ „Ek nog nie in Egipte nie? Maar natuurlik was ek al in Egipte! Ek was al oral in die hele wêreld en ek het al baie snaakser dinge gesien as mense wat agteruit loop. Ek wonder wat jy sou gesê het as ek op my hande geloop het soos die mense daar in Agter-Indië?“

„Nou jok jy darem lekker,“ sê Tommie. Pippie dink ’n oomblik na. „Ja, dis waar. Ek jok,“ sê sy beteuterd. „Dis lelik as ’n mens jok,“ sê Anneke, wat dit nou uiteindelik waag om iets te sê. „Ja, dis baie lelik as ’n mens jok,“ sê Pippie nog meer beteuterd. „Maar af en toe vergeet ek dit, sien. En hoe kan jy nou verwag dat ’n mens altyd die waarheid moet praat as ’n mens maar net ’n ou dogtertjie is wie se mammie ’n engeltjie is en wat ’n pappie het wat ’n mensvreterkoning is en as ’n mens jou hele lewe lank op die see rondgevaar het?

En buitendien,“ sê sy en haar hele sproetgesiggie begin straal, „moet ek vir julle sê dat daar in die Kongo geen enkele mens is wat die waarheid praat nie. Daar jok hulle die hele dag lank. Hulle begin soggens om sewe-uur en hulle hou aan tot die son sak. As ek nou dalkies partykeer ’n bietjie jok, dan moet julle onthou dis maar net omdat ek ’n bietjie te lank in die Kongo gewoon het. Maar ons kan mos nog altyd maats bly, nè?“ „Ja, natuurlik,“ sê Tommie, en hy voel meteens dat vandag nie een van die vervelige dae gaan wees nie. „Nou hoekom kom julle dan nie by my ontbyt eet nie?“ vra Pippie. „Nou, maar nes jy sê,“ antwoord Tommie. „Hoekom nie? Kom ons loop!“ „Ja,“ sê Anneke, „nou op die daad.“ „Maar eers moet ek julle voorstel aan Meneer Jakobs,“ sê Pippie. En daar haal die apie mooi sy hoedjie af en groet beleefd. En toe stap hulle deur Huis Winderuis se lendelam tuinhekkie, en in die gruispaadjie tussen die ou bome op – ou mosbegroeide bome wat lyk of ’n mens lekker in hulle kan rondklim – tot by die huis en tot op die stoep. Daar staan die perd sy hawer uit ’n soppot en vreet. „Maar op dees aarde, hoekom hou jy dan ’n perd op die stoep aan?“ vra Tommie. Al die perde waarvan hy weet, woon in stalle. „Tja,“ sê Pippie peinsend, „in die kombuis sal hy net in die pad wees en hy voel nie in die voorkamer tuis nie.“

Tommie en Anneke streel die perd en gaan toe by die huis in. Daar is ’n kombuis en ’n voorkamer en ’n slaapkamer. Maar dit lyk bra asof Pippie daardie week die aankantmakery vergeet het. Tommie en Anneke loer behoedsaam rond ingeval daardie mensvreterkoning êrens in ’n hoekie sit. Hulle het nog nooit in hul lewe ’n mensvreterkoning gesien nie. Maar hulle gewaar nòg ’n pappie, nòg ’n mammie. Anneke vra angstig: „Woon jy dan heeltemal alleen hier?“ „Natuurlik nie,“ antwoord Pippie. „Meneer Jakobs en die perd woon mos ook hier.“ „Ja, maar ek bedoel, het jy dan geen mammie of pappie hier nie?“ „Nee, glad g’n stuk nie,“ sê Pippie ewe vrolik. „Maar wie sê dan vir jou as jy saans moet gaan slaap en al die soort dinge?“ vra Anneke. „Ek sê dit self,“ antwoord Pippie. „Ek sê dit een keer ewe mooi, en as ek dan nie wil luister nie, dan maak ek my stem dik en sê dit ’n tweede keer, en as ek dan nog nie wil hoor nie, dan weet ek mos ek gaan ’n drag slae kry, sien.“ Tommie en Anneke begryp nie heeltemal wat Pippie bedoel nie, maar hulle meen darem dis ’n oulike plan. Intussen het hulle in die kombuis aangekom, en Pippie skree: „Nou gaan ons pannekoekies boekies, Nou gaan ons pannekakies bakies, Nou gaan ons pannekykies bykies.“ En sy haal drie eiers uit en gooi hulle hoog in die lug op. Een van die eiers breek op haar kop, en die eiergeel loop in haar oë. Maar die ander vang sy behendig in ’n pan.

„Die mense sê mos eiergeel is goed vir die hare,“ sê Pippie en droog haar oë af. „Julle sal sien, my hare gaan nou groei dat dit kraak. Al die mense in Brasilië loop buitendien met eier in hul hare. En daar sien ’n mens ook nie een met ’n pankop nie. Daar was net eenkeer ’n ou omie wat nie eiers in sy hare wou vryf nie. Hy was simpel genoeg om hulle te eet. En toe word hy darem vir jou vreeslik kaalkop. Toe die mense hom in die straat sien stap, was daar so ’n gedoente dat hulle die blitspatrollie moes laat kom.“ Terwyl sy praat, pik Pippie behendig die eierdoppe met haar vingers uit die pan en gooi hulle weg. Toe haal sy ’n badborsel van die muur af en begin die deeg so fluks te klits dat dit oral teen die mure spat. Ten slotte gooi sy die deeg wat oorbly in ’n pan wat op die stoof staan. Toe die pannekoek aan die een kant gaar is, gooi sy hom halfpad op plafon toe sodat hy in die lug omdraai en toe vang sy hom weer in die pan. En toe hy gaar is, gooi sy hom dwarsoor die kombuis sodat hy op ’n bord op die tafel te lande kom. „Eet,“ beveel sy, „eet voor dit koud word.“

Tommie en Anneke eet, en die pannekoek is vir hulle vreeslik lekker. Daarna nooi Pippie hulle na die voorkamer. Daar staan net een meubelstuk en ’n hoë laaikas met ’n menigte klein laaitjies. Pippie maak die laaitjies oop en wys vir Tommie en Anneke al die skatte wat sy daarin bewaar. Daar is eienaardige voëleiers en snaakse skulpe en stene, pragtige ou dosies, fraai silwerspieëls, pêrelhalssnoere en baie ander goed wat Pippie en haar pappie op hul reise om die wêreld gekoop het. Pippie gee vir haar nuwe speelmaats elk ’n aandenking present. Tommie kry ’n dolk met ’n glinsterende perlemoenhef en Anneke ’n pragtige klein dosie met ’n ring met ’n groen steentjie daarin. „Ek dink julle moet nou liewer huis toe gaan,“ sê Pippie, „sodat julle more kan terugkom. Want as julle nie huis toe gaan nie, dan kan julle mos nie terugkom nie. En dit sou ’n jammerte wees.“

Tommie en Anneke dink ook so. En hulle gaan toe maar liewer huis toe, by die perd verby, wat nou al sy hawer opgevreet het, en by die tuinhekkie van Huis Winderuis uit. Toe hulle loop, wuif Meneer Jakobs vir hulle met sy hoed.

WAAR OF ONWAAR:

a. __________ Tommie en Anneke wou graag ’n speelmaat hê.

b. __________ Pippie het blonde hare gehad.

c. __________ Pippie se skoene was te klein vir haar.

d.__________ Meneer Jakobs het ’n blou baadjie gedra.

e. __________ Pippie het spek en eiers gemaak vir ontbyt.

f. __________ Die perd eet hawer uit ’n plastiekbak.

g. __________ Pippie se huis is aan die kant. (7)

ONDERSTREEP DIE REGTE ANTWOORD:

a. Wat het Pippie vir Anneke gegee as aandenking?

’n (halssnoer, ring, dolk, skulp, voëleier) (1)

SKRYF DIE REGTE ANTWOORDE IN:

a. Wie het vir Pippie ’n apie present gegee?

____________________________ het vir Pippie ’n apie present gegee.

b. Waar was Tommie en Anneke toe Pippie in Huis Winderuis intrek?

Hulle het by _______________________ gekuier.

c. In watter land, sê Pippie, loop al die mense agteruit?

In _______________________ loop al die mense agteruit.

d. In watter land, sê Pippie, loop al die mense met eier in hul hare?

In _______________________ loop hulle met eier in hul hare.

e. Hoe oud is Pippie?

Pippie is ____________ jaar oud.

f. Wat is die intensiewe vorm van alleen? __________________________ (6)

Vraag 2

Skryf die volgende sinne in a.) negetiewe form en b.) Verledetyd

Voorbeeld: Ek kook kos. a.) Ek kook nie kos nie. b.) Ek het kos gekook.

2.1. My van is De Klerk.

2.2. Sy drink baie graag Sprite.

2.3. Ons kyk elke Sondag Tatort.

2.4. Marie hou van Pieter.

2.5. Ons kan almal baie goed Russies praat.

(10)

Vraag 3

Kies die regte antwoord of vraag uit opsies a, b of c,

Voorbeeld:

a.Waar is jou huis? ☺

b. Hoe lyk jou huis? x

c. Watse kleur is jou huis? x

“My huis is in Johannesstraat.”

3.1.

Hoeveel mense woon in China?

a. “China is in die Ooste.”

b. “China is baie groot!”

c.  “Miljoene!”

3.2.

Hoekom leer jy Afrikaans?

a. “Omdat ek van Afrikaans hou.”

b. “Afrikaans word in Suidafrika gepraat.”

c.  “Ek was nog nie in Afrika nie.”

3.3.

a.Waar is jou ma?

b. Wie is jou ma?

c. Hoe is jou ma?

“My ma is by die huis.”

3.4.

a.Waarom is jy laat?

b.Hoe laat is dit?

c.Wat laat jou so dink?

“Dit is half elf.”

(4)

Vraag 4

Kies uit die gegewe voorvoegsels die een wat die beste in die spasies inpas.

in      by      voor      teen      op      langs       aan         in    

Laat een aand loop ek _____ ‘n kroeg in. ____ die anderkant van die kroeg staan ‘n man.

Hy het ‘n bottel Jack Daniels _____ sy hand. Agter hom, ____ die muur hang ‘n plakaat van Pamala Anderson en ‘n mes. Die man is groot en sterk en hy het lanklaas geskeer. Daar sit vyf mense ______ hom, hy skink vir elkeen ‘n glas Jack, een vir een. Die eerste is ‘n baie maer man met ‘n rooi kep ______ sy kop. ______ hom sit ‘n ou vrou met krilers _in_ haar hare….

(7)

Vraag 5

Antwoord die volgende epos.

Liewe Paul

Ek kan nie wag om jou te ontmoed nie. Vrydag oggend kom haal ek jou by die treinstasie.

Hoe laat gaan jou trein aankom? Ek bring vir jou iets om te eet, eet jy vleis? Bring jy jou vrou saam, of kom jy alleen? Hoe sal ek jou erken?

Beste Wense

Susan Vissagie

(10)

 (45)

Advertisements

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: