Hermann Hesse – Onder die Wiel

Uit die 2de hoofstuk

Hermann_Hesse_2

Vir die Rektor was dit ‘n groot plesier gewees om die, van hom gewekte, pragtige ambisie te lei en te sien groei. Geen mens sou sê dat die skoolmeester geen hart het en ’n stagneerde siellose wysneus is nie. O, nee, as ‘n onderwyser sien, hoe ‘n kind se lang onsuksesvolle gestimuleerde talent uit breek, hoe ‘n knaapie houtswaard en kettie en boog en die ander kinderlike speelerye laat staan, hoe hy voorwaarts begin streef, hoe die werk se erns van ‘n rowwe-rooi-bakkies-kind ‘n fein, ernstige en amper asketiese seun maak, hoe sy gesig ouer en geesteliker, sy aanblik dieper en doelgerigter en sy hand witter en stiller word, dan lag die onderwyser se siel van vreugde en trots.
Sy plig en sy van die staat gegewe verantwoordelikheid en beroep is dit, om in die jong knaapies die rou kragte en begeertes van die natuur aan bande te lê en uit te roei en in hulle plek stil, gematige en van die staat erkende ideale te plant. Vele van hulle, wat nou tevrede burgers en vooruitstrewende beamptes is, sou sonder hierdie bemoeiing van die skool ongegronde stormende innoveerders of onvrugbare gevoelvolle dromers geword het.

Daar was iets in hom, iets wilds, lukraaks, kultuurloos, dit moes eers gebreuk word, ‘n gevaarlike vlam, wat eers geblus en uitgetrap moes word. Die mens, soos wat die natuur hom geskape het, is iets onvoorspelbares, ondeursigtiges, gevaarlikes. Hy is ‘n, van onbekende berge, uitbarstende stroom en is ‘n oerwoud sonder weg en orde. En soos wat ‘n oerwoud uitgedun en gereinig en geweldadiglik ingekort moet word, so moet die skool die natuurlike mens breuk, oorwin en geweldadiglik inkort; hulle taak is dit om hom volgens die, van die owerheid goedgekeurde, beginsels tot ‘n nuttige lidmaat van die samelewing te maak en die eienskappe in hom te wek wat dan, sou dit tot volkomenheid kom , deur die sorgvuldige tug van militêre diendplig gekroon en tot ‘n einde gebring word.

Advertisements

4 Kommentare zu “Hermann Hesse – Onder die Wiel

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: