C. G. Jung – Die Mens en sy Simbole

carl_jung-glasses

 

C. G Jung – Die Mens en sy Simbole

Uit ‘n sielkundige oogpunt kan die volgende gesê word: Daar bestaan vandag, met betrekking tot geloofs-standpunte, drie verskillende soorte mense.

’n Eerste groep bestaan uit die wat nog werklik aan hulle eie geloof glo. Die prente en leeringe is vir hulle so duidelik, so direk verstaanbaar en lewendig, dat daar absoluut geen twyfel kan inkruip nie. Dit is die geval wanneer daar ’n relatief sterke ooreenstemming tussen die bewuste opvattinge en die onbewuste agtergrond bestaan. Sulke mense kan dit bekostig om sielkundige feite sonder vooroordeel aan hulle te laat vat sonder om bang te wees dat hulle hul “geloof sal verloor”. Selfs as hul droomlewe gedeeltlik “onortodoks” voorkom, kan die besonderhede tog sonder groot probleme in die bestaande aanskouing ingebou word.

’n Tweede groep mense het hul geloof verloor en dit met een of ander rein bewuste, intellektuele wêreldaanskouing vervang. Vir sulke mense is die sielkunde van die onbewuste eenvoudig ’n inleiding tot ’n totaal nuwe onontdekte land en dit behoort vir so ’n mens geen probleem te wees om by die ontdekking betrokke te raak nie. Nietemin sien ’n mens tog in die praktiese werklikheid gereeld dat ook hierdie mense hulself teen ’n ontmoeting met die onbewuste probeer beskerm. Hul rasionalisme is eintlik, in die geheim, ’n fanatiese “geloof”, amper soos ’n geloofsoortuiging. Sulke mense doen alles asof hulle wetenskaplik objektief ingestel is terwyl hulle dit eintlik glad nie is nie. Hulle behoort eerder aan die volgende groep.

Dan is daar nog ’n groot groep mense, wat aan die een kant “in die kop” hul voorvaderlike geloof nie meer glo nie en aan die ander kant, in ’n ander deel van hul wese tog nog half glo. ’n Voorbeeld is die franse filosoof Voltaire wat teen spyte daarvan dat hy die sogenaamde verligting, “enlightment”, teen die katolieke kerk aangeblaas het, tog nog, volgens sekere berigte, voor sy dood onder vrees en bewing gevra het dat ’n priester hom die laaste sakrament gee. Sy kop was geloofloos maar sy gevoel aan die ander kant was katolies-ortodoks. Sulke mense laat ’n mens dink aan iemand wat tussen die automatiese klapdeure van ’n bus vasgevang is, hulle kan nie in die bus in nie en hulle kan ook nie uit nie. Natuurlik het hulle drome ook iets oor hierdie probleem te sê maar hulle het gereeld probleme om gehoor te gee aan die onbewuste omdat hulle in hul self, oor alles wat hulle wil, verdeeld is.

Aan die einde is die ernstige oorweging van die onbewuste ’n vraag van persoonlike moed en die integriteit van die individu.

Marie-Louise von Franz

 

Advertisements

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: