Putin in Afrikaans aan die VSA

Die President van Rusland, Vladimir Putin, skryf ’n brief aan die Amerikaners.putin & merkel
Daarin noem hy die werk van Jan Smuts en die Here.

’n Pleidooi vir versigtigheid, van Rusland.

Wat Putin aan die Amerikaners te sê het oor Sirië

MOSKOU – Onlangse gebeure in Sirië het my daartoe beweeg om die Amerikaanse mense en hul leiers direk aantespreek. Dit is belangrik om dit te doen in ’n tyd van ontoereikende kommunikasie tussen ons samelewings.

Verhoudings tussen ons het verskillende stadiums deur gemaak. Ons het teen mekaar gestaan in die koue oorlog. Maar ons was, op ’n tyd, ook bondgenote, en het die Nazis saam verslaan. Die universele internationale organisasie – die Verenigde Nasies – was toe gestig om sulke verwoesting vir ewig te verhoed.

Die VN se stigters het verstaan dat besluite wat oorlog en vrede beinvloed, gemaak moet word slegs deur  konsensus. Met Amerika se toestemming was die veto deur die Veiligheidsraad se permanente lidmate vasgelê in die VN-Handves. Daardie diepgaande wysheid het die stabiliteit van internationale aangeleenthede vir dekades ondersteun.

Niemand wil hê dat die VN dieselfde lot oorkom wat die Volkebond oorgekom het nie, dat dit ineen gestort het omdat daar ‘n tekort was aan ware werking. Dit gebeur wanneer invloedreike lande die VN omseil en militêr optree sonder die Veiligheidsraad se magtiging.

Die moontlike aanslag op Sirië deur die Verenigde State, teenspyte van sterk teekanting van baie lande en groot politieke leiers en godsdienstige leiers, insluitend die pous, sal lui tot meer onskuldige slagoffers en eskalasie, wat die konflik moontlik wyd oor Sirië se grense sal versprei. ’n Aanslag sal geweld vermeerder en ’n golf van terrorisme loslaat. Dit kan die multilaterale bemoeiing om die oplossing van die Iraniese kernkrag probleem en die Israelies-Palesteinse konflik ondermein en die Midde-Ooste en Noord Afrika verder destabiliseer. Dit kan die hele stelsel van internationale wet en orde omvêrwerp.

Sirië is nie in ’n stryd om demokratie nie, maar eerder ’n gewapende konflik tussen regering en opposisie in ’n multigodsdienstige land. Daar is min pioniere van domokratie in Sirië. Maar daar is meer as genoeg Qaeda vegters en ekstremiste van elke soort wat teen die regering veg. Die Verenigde State Departement het Al Nusra Front en die Islamic State of Iraq en die Levant, wat saam met die opposissie veg as terroristiese organisasies aangewys. Hierdie interne konflik, wat deur wapens, wat uit die buiteland  aan die opposisie gegee word, aangevuur word, is een van die bloedigste in die wêreld.

Huursoldate van Arabiese lande wat daar veg, en honderde militante van Westerse lande en selfs van Rusland, is vir ons ’n onderwerp van diepe sorg. Sal hulle nie dalk na ons lande terugkeur met die ondervinding wat hulle in Sirië opgedoen het nie? Na alles, nadat hulle in Libië geveg het, het ekstremiste na Malie toe gegaan. Dit is ’n bedreiging vir ons almal.

Van die begin af het Rusland vreedsame dialoog, wat Arameërs kan help om’n kompromie vir hulle eie toekoms te bewerk, voorgestaan. Ons beskerm nie die Siriese regering nie, maar eerder die internationale wet. Ons moet die Verenigde Nasies Veiligheidsraad gebruik en glo dat die behoud van wet en orde in vandag se komplekse en onstuimige wêreld een van die min maniere is om te verhoed dat internationale  verhoudings in chaos verander. Die wet is steeds die wet, en ons moet dit volg of ons daarvan hou of nie. Onder huidige internationale wet, word geweld toegelaat aleenlik vir selfverdediging of deur die besluit van die Veiligheidsraad. Enige iets anders is onaanvaarbaar  volgens die Verenigde Nasies Handves en sal ’n daad van agressie daarstel.

Niemand twyfel daaraan dat giftige gas in Sirië gebruik was nie. Maar daar is goeie rede om te glo dat dit nie deur die Siriese Weermag gebruik was nie, maar eerder deur die opposisie magte, om ’n ingruiping deur hulle magtige buitelandse beskermhere, wat dan kant sal kies met die fundamentaliste, uit te lok. Berigte dat militante ’n volgende aanslag voorberei – hierdie keer teen Israel – kan nie ignoreer word nie.

Dit is skrikwekkend dat militêre ingruiping in die interne konflikte van ander lande alledaags geword het vir die Verenigde State. Is dit in Amerika se langtermein belange? Ek twyfel. Miljoene rondom die wêreld sien nie in Amerika ’n model van demokratie nie maar eerder ’n land wat staatmaak op brute krag, ’n land wat koalisies saam plyster onder die vaandel: “jy is of saam met ons, of teen ons.”

Maar dit is bewys dat geweld ondoeltreffend en nuttetloos is. Afganistan steier en niemand kan sê wat sal gebeur nadat internationale magte ontrek nie. Libië is verdeeld tussen stamme en familiegroepe. In Irak duur die burgeroorlog voort, met dosyne wat elke dag doodgemaak word. In die Verenigde State maak vele ’n vergelyk tussen Irak en Sirië, en vra waarom hul regering ’n herhaling van onlangse foute wil hê.

Maak nie saak hoe geteiken die aanslag of hoe gesofistikeerd die wapens is nie, burgerlike ongevalle is onvermeidelik, insluitend oumense en kinders, wie die aanslag veronderstel is om te beskerm.

Die wêreld reageer deur te vra: as jy nie op internationale reg kan staatmaak nie, dan moet jy ander maniere vind om jou veiligheid te verseker. Daarom probeer ’n groot hoeveelheid lande om wapens van masse vernietiging te bekom. Dit is logies: as jy die bom het sal niemand aan jou vat nie. Ons word gelaat met praatjies van die noodsaaklikheid van nie-verspeiding (nonproliferation), terwyl nie-verspreiding in realiteit verweer.

Ons moet ophou om die taal van geweld te gebruik en ons moet terugkeer na die weg van beskaafde diplomatiese en politiese besluitneming.

’n Nuwe geleentheid om militêre aksie te verhinder het na vore gekom in die afgelope dae. Die Verenigde State, Rusland en al die lidmate van die internationale gemeenskap moet voordeel neem van die Siriese regering se gewilligheid om hulle chemiese arsenaal onder intenationale  beheer te plaas vir daaropvolgende vernietiging. Geoordeel aan die woorde van President Obama, sien die Verenigde State dit as ’n alternatief tot militêre aksie.

Ek verwelkom die president (Obama) se belangstelling daaraan om gesprek met Rusland i.v.m. Sirië voort te sit. Ons moet saamwerk om die hoop lewendig te hou, soos wat ons ooreengekom het by die Groep van 8(G8) vergadering in Lough Erne in Noord Ierland in Junie, en ons moet die bespreking terug voer na onderhandeling.

As ons geweld teen Sirië kan vermy , sal dit die atmosfeer in internationale sake verbeter en wedersydse vertroue versterk. Dit sal vir ons gedeelde sukses wees en die deur oop maak vir samewerking wat ander krietiese kwessies betref.

My werk- en persoonlike verhouding met president Obama is gekenteken deur groeiende vertroue. Ek waardeer dit. Ek het ook sy toespraak aan die nasie (VSA) van Dinsdag, deeglik bestudeer. En ek kan nie saamstem met wat hy gesê het i.v.m die Amerikaanse uitsonderlikheid nie, hy verklaar dat die Verenigde State se beleid “wat Amerikaners anders maak. Dit is wat ons uitsonderlik maak” is. Dit is uiters gevaarlik om mense aantemoedig daarin om hulself as uitsonderlik te sien, ongeag die motivering. Daar is groot lande en klein lande, ryk en arm, lande met lang demokratiese tradisies en lande wat nog hul pad tot demokratie vind. Hulle beleid verskil ook.

Ons is almal anders, maar as ons die Here se seëninge vra moet ons nie vergeet dat God ons gelyk geskape het nie.

Vladimir V. Putin

(President van Rusland)

Advertisements

2 Kommentare zu “Putin in Afrikaans aan die VSA

  1. Pingback: Afrikaans Pronounciation exercises – No. 2 — Koerantberig – ‘n vertaling van André | The Afrikaans Challenge

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: