Friedrich Nietzsche – So spreek Saratoestra

Van Vriende

friedrich-nietzsche“Een is die heeltyd te veel om my” – so dink die kluisenaar. “Die heeltyd een-maal-een – dit word in die lang termyn twee!” Ek en myself is altyd te gretig in gesprek: hoe sou ’n mens dit kon uithou, as daar geen vriend was nie?

Vir die kluisenaar is die vriend, altyd, die derde: die derde is die kurkprop wat verhinder dat die gesprek van die twee in die dieptes sink.
Ag, daar is te veel dieptes vir al die kluisenaars. Daarom  smag hulle so na ’n vriend en na sy hoogte.

Ons geloof aan andere verraai waaraan ons graag in ons self wil glo. Ons verlange na ’n vriend is ons verraaier.
En dikwels wil ’n mens met die liefde net die nyd oorslaan. En dikwels val ’n mens aan en maak ’n vyand, om te verberg, dat ‘n mens self kwesbaar is.

“Wees tenminste my vyand!” – so spreek die ware eerbied wat nie waag om na vriendskap te vra nie.
As ’n mens ’n vriend wil hê, dan moet ’n mens ook vir hom wil oorlog maak: en om oorlog te maak, moet ’n mens vyand kan wees.
’n Mens moet in sy vriend die vyand eer. Kan jy nie teen jou vriend opstaan sonder om oor te loop na hom toe nie? Kan jy jou vriend nie teenstaan sonder om met hom saam te staan nie?
In jou vriend moet ’n mens sy beste vyand hê. Jy moet die naaste aan sy hart wees wanneer jy hom teenstaan.

Jy wil voor jou vriend geen kleed dra nie? Dit moet jou vriend se eer wees dat jy jouself aan hom gee soos wat jy is? Maar hy wens jou daarom in jou moer in!
Wie homself nie verberg nie, verontwaardig: so baie het julle rede om die naaktheid te vrees! Ja, as julle gode was, dán kon julle jul skaam vir jul klere!
Jy kan jouself nie genoeg mooimaak vir jou vriend nie: want jy moet vir hom ’n pyl en ’n hunkering na die Supermens wees.

Het jy jou vriend gesien slaap – sodat jy kan weet hoe hy lyk? Wat anders is tog jou vriend se gesig? Dit is jou eie gesig, op ‘n rou en onvolkome spieël.
Het jy jou vriend al sien slaap? Het jy nie geskrik vir hoe jou vriend lyk nie? O my vriend, die mens is iets wat moet oorwin word.
In raaiskote en in stilte moet die vriend meester wees: jy moet nie alles wil sien nie. Jou droom moet aan jou verraai wat jou vriend doen wanneer hy wakker is.

Laat ’n raaisels jou deernis wees: sodat jy eers kan weet of jou vriend aan deernis wil deelneem. Dalk is dit wat hy aan jou liefhet; die ongebreekte oog en die blik van die ewigheid.
Die deernis vir jou vriend berg homself onder ’n harde dop, daaraan moet jy probeer vasbyt. So sal dit sy fynheid en soete hê.
Is jy suiwer lug en eensaamheid en brood en medisyne vir jou vriend?
Sommige kan hul eie kettings nie losmaak nie en tog is hulle vir hul vriend ’n verlosser.

Is jy ’n slaaf? Dan kan jy nie vriend wees nie. Is jy ’n boelie? Dan kan jy nie vriende hê nie.
Te lank was daar in die vrou ’n slaaf en ’n boelie verborge. Daarom is ’n vrou nog nie instaat tot vriendskap nie: sy ken net liefde.
In die liefde van die vrou is ongeregtigheid en blindheid teen alles wat sy nie liefhet nie. En ook in die bewuste liefde van die vrou is nog steeds roof en blits en nag langs die lig.
Steeds is die vrou nie instaat tot vriendskap nie. Maar sê vir my, julle manne, wie van julle is dan instaat tot vriendskap?
O tog, kom oor julle armoede, julle manne, en julle gierigheid van die siel! So veel soos julle die vriend gee, dit wil ek nog aan my vyand gee, en wil ook nie daardeur armer word nie.
Daar is Kameraadskap: Mag daar vriendskap wees!

So spreek Saratoestra

Advertisements

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: