Friedrich Nietzsche – So spreek Saratoestra

In Südafrika habe ich mich oft über Friedrich Nietzsche lustig gemacht, über seinen großen Schnurrbart. Aber jetzt da ich seine Sprache lesen kann, versuche ich sein Buch zu lesen: Also sprach Zarathustra. Es gefällt mir. Hier eine Afrikaans-Übersetzung eines Kapitels (Vom Baum am Berge).

nietzsche

Van die Boom in die Berge

Saratoestra se oog het gesien, dat ´n jongeling hom probeer ontduik. En een aand as hy alleen deur die Berge loop wat die stad omring wat genoem word die “bont koei”:  kyk, daar kry hy, op die pad, hierdie jongeling, waar hy sittend aan ’n boom leun en met moeë blik in die dal in staar.
Saratoestra raak die boom aan waarby die jongeling sit, en spreek so:
As ek hierdie boom hier, met hierdie hande wou skud, sou ek nie daartoe in staat wees nie.
Maar die wind, wat ons nie kan sien nie, dit bemoei en buig, waarheen dit wil.
Ons word die ergste van onsigbare hande gebuig en bemoei.
Die jongeling staan geskok op en sê: “Ek hoor Saratoestra, en het nounet aan hom gedink”
Saratoestra beantwoord:
Waarom laat dit jou skrik? – Dit gaan tog met die mense soos met die bome.
Hoe meer hy in die hoogtes-, in die lig in wil, hoe sterker streef sy wortels aarde toe, onder toe, in die donker in, dieptes –  in die bose in.
“Ja in die bose in!” roep die jongeling  “Hoe is dit moontlik, dat jy my siel ontdek het?“
Saratoestra glimlag en spreek:
Sommige siele sal mens nooit ontdek nie, tensy, mens hulle eers uitdink
“Ja in die bose in!” roep die jongeling nog ´n keer.
“Jy praat die waarheid, Saratoestra. Vandat ek in die hoogtes wil, vertrou ek myself nie meer nie, niemand vertrou my meer nie – hoe kom dit?
Ek verander te vinnig: My vandag weerlê my gister. Dikwels oorspring ek die trappe as ek klim – en dít vergewe geen trap my nie.
As ek bo is, is ek altyd alleen. Niemand praat met my nie, die ryp van eensaamheid laat my sidder. Wat soek ek tog in die hoogtes?
My minagting en my verlange groei saam; hoe hoër ek klim, hoe meer minag ek hom wat klim.
Wat soek hy tog in die hoogtes?
Hoe skaam ek my vir my klim en struikel! Hoe spot ek my gesnuif. Hoe haat ek die vlieënden.
Hoe moeg is ek in die hoogtes!”
Hier swyg die jongeling. En Saratoestra besigtig die boom, waarby hulle staan, en spreek so:
Hierdie boom staan eensaam hier in die gebergtes, hy groei hoog oor mens en dier verby.
 En as hy wou praat, sou hy niemand hê, wat hom sou kon verstaan nie: so hoog groei hy.
Nou wag hy en wag – waarvoor wag hy tog? Hy woon naby die sitplek van die wolke: hy wag waarskynlink vir die eerste blits?
As Saratoestra dit gesê het , roep die jongeling met heftige gebare:
“Ja, Saratoestra, jy praat die waarheid. Na my ondergang verlang ek, as ek in die hoogtes wou, en jy is die blits, waarvoor ek gewag het! Kyk, wat is ek tog, vandat jy hier aan ons verskyn het? Die nyd teenoor jou, is wat my ontspoor het.” So het die jongeling gespreek en bitterlik geween. Maar Saratoestra het sy arm om hom gelê en hom saam met hom weggelei.
En nadat hulle ’n rukkie saam geloop het, hef Saratoestra op en spreek:
Dit breek my hart. Beter, as wat jou woorde dit vertel, vertel jou oë my van al jou gevaar.
Jy is nog nie vry nie, jy soek nog na vryheid. Oormoeg maak jou soektog jou en te wakker.
In die vry hoogtes wil jy, jou siel dors na sterre. Maar jou slegte drange dors ook na vryheid. Jou wilde honde wil in die vryheid, hulle blaf van lus in hulle kelder, as jou gees daarna verlang om alle tronke op te los.
Vir my is jy nog ’n gevangene, wat sy vryheid bedink: ag, slim word so ’n gevangene van die siel, maar ook bedrieglik en sleg.
Homself reinig, moet die bevryde gees. Baie gevangnis en modder is nog in hom oor: rein moet sy oë nog word.
Ja, ek ken jou gevaar. Maar by my liefde en hoop besweer ek jou: gooi jou liefde en hoop nie weg nie!
Jy voel nog edel en ook vir die ander voel jy nog edel, hulle wat op jou toornig is en jou bose blikke stuur. Weet, dat almal in ’n edele se pad staan.
Ook die goeies staan in die edele se pad: en selfs as hulle hom ’n goeie noem, is dit omdat hulle hom daardeur tersyde wil stel.
Nuwe dinge wil die edele skape en ’n nuwe deugd. Ou dinge wil die goeies hê, en dat ou dinge behoue bly.
Maar nie dit is die gevaar van die edele, dat hy ’n goeie word nie, maar ’n astrante, ’n spotter, ’n verwoester.
Ag ek het edeles geken, hulle verloor hulle hoogste hoop. En nou belaster hulle alle hoë hoop.
Nou leef hulle astrant in kort luste, en verby die dag het hulle skaars nog doelwitte.
“Gees is ook wellus” – so sê hulle. So breek die vlerke van hulle gees af: nou kryp hy rond en bevlek aan’t knaag.
Op ’n tyd wou hulle helde word: Nou is dit snaaks. ‘n Verdriet en ’n verskriking is ’n held vir hulle.
Maar by my liefde en hoop besweer ek jou: gooi die helde in jou siel nie weg nie. Hou jou hoogste hoop heilig!“ –
So spreek Saratoestra.

4 Kommentare zu “Friedrich Nietzsche – So spreek Saratoestra

  1. Die Deutschen tragen (oder trugen früher) gern solche Bärte. Leider habe ich keinen Stereotyp des Südafrikaners aus dieser Zeit. Gibt es noch keine Übersetzungen von Nietzsche in Afrikaans?https://encrypted-tbn0.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcQKd7xUXZBOjtnBTWrlDfmGCH0MmdJtIDmHwRwGzVRaKJHMxIu2

    Bei uns lernt man über ihn in der Schule und im Studium sehr oft. Ich finde es wunderbar, dass du dir die Zeit nimmst, zu übersetzen. Ich habe das bisher – obwohl es mein Beruf ist – selten aus „Genuss“ gemacht. Wenn ein Markt in Afrikaans besteht, würden deine Übersetzungen sicher finanziert. Das würde mich sehr für dich freuen. Als ich mit dem Übersetzen anfing, wollte ich auch Literaturübersetzungen machen, weil ich eben Hermann Hesse und Nietzsche und deutsche Literatur sehr liebe, aber auch ausländische Literatur (vor allem Englische und Russische, aber auch Französische, Spanische, Japanische und Italienische).

Hinterlasse einen Kommentar