Volksblad Artikel

Van die sangers wat in die produksie Fyngeslyp te sien is, het verlede week by die Odeion Skool vir Musiek op die Kovsie-kampus aan ’n meesterklas, aangebied deur Sibongile Mngoma, deelgeneem.

Van links is Desmond Rasethuntsha, Thabo Hlongwane en Nonhlanhla Mkize. Foto: conrad bornman

“DAAR is iets in die water van Bloemfontein wat asemrowende talent kweek. Sangers, rugbyspelers, Ryk Neethling, noem maar op . . .”

Só gesels die pianis en musiekregisseur Lulu van der Walt oor die Bloemfonteinse sterre van haar Vryfees-produksie Fyngeslyp. Sy is tans in die Rosestad om die produksie af te rond.

Die sangers wat die verhoog met Jannie Moolman, gasheer van die produksie, sal deel, is Thabo Hlongwane, Thabo Pitse, Henning Joubert, Desmond Rase-thuntsha en Nonhlanhla Mkize.

“Dit is baie optimisties van die Vryfees om dit (Fyngeslyp) aan te pak,” sê Van der Walt oor Adri Herbert, feesorganiseerder, se besluit om opkomende plaaslike kunstenaars die geleentheid te gee om hul tande in ’n professionele produksie te slyp. Dit gaan boonop ’n jaarlikse instelling word.

Van der Walt sê sy het juis op hierdie groep van vyf besluit vanweë hul veelsydigheid en diversiteit. “Ons wil vir Bloemfontein wys watter amazing talent hier is.”

Die sangers is dit almal eens dat dit ’n ongelooflike voorreg is om deel van die produksie te wees. “Dis beslis nie iets wat ek as vanselfsprekend aanvaar nie,” borrel Mkize. Hoewel sy ’n tandarts van beroep is, sê sy sy sal nie vir ’n oomblik skroom om tandheelkunde vir ’n heeltydse musiekloopbaan te verruil nie.

Hlongwane sien dit as ’n leerkurwe. “Dit beteken baie vir die kunste in die Vrystaat en dit leer ons die nodige vaardighede om in die toekoms ons eie produksies saam te stel.” Ook Hlongwane beoefen nie sy sangloopbaan heeltyds nie. Hy werk by Vrystaat Landbou en begin Julie met sy meestersgraad in landbou-ekonomie. Hlongwane en Pitse is ook in die produksie Tribute to Il Divo with Celine Dion op die Vryfees te hoor.

Rasethuntsha meen hierdie soort geleenthede is skaars in die Vrystaat. Hierdie student in elektriese ingenieurswese sê dié ondervinding tot dusver het hom opnuut nederig gemaak. “Hoewel ek baie geleer het in die werksessies wat ons reeds gehad het, het ek ook besef hoeveel ek nog moet leer.”

Die produksie is propvol verrassings, met duette, trio’s, kwartette en liedjies wat aan die meeste musiekliefhebbers bekend is, soos Karoonag, Liedjie vir jou, Kyk hoe glinster die maan, asook treffers van David Kramer. Voeg daarby ’n goeie skoot kontemporêre musiek van Michael Bublé en Jason Mraz en roer ’n klassieke geur met die komplimente van ’n inheemse Bloemfontein-orkes in en wat op jou wag, is ’n musieklekkerny.

• Fyngeslyp is op Woensdag 10 Julie om 19:30 in die Callie Human-sentrum te sien. Kaartjies kos R90 en is by Computicket beskikbaar.

• Vryfees gee 20 gelukkige Volksblad-lesers die kans om elk ’n dubbelkaartjie na die vertoning Fyngeslyp te wen. Om vir die prys in aanmerking te kom, stuur ’n SMS na 45527. Begin die SMS met die woord Fyngeslyp, gevolg deur jou naam, van en die dorp of stad waar jy woon. Die kompetisie sluit Donderdag om 12:00 en die wenners se name sal Vrydag in Volksblad verskyn. Al Volksblad se SMS-kompetisies open om 06:00 op die betrokke dag. ’n SMS kos R1,50. Indien jy ’n SMS na 45527 stuur, gee jy Volksblad ingevolge wet toestemming om jou vir bemarkingsdoeleindes te kontak.

Volksblad-PDF      Volksblad-Webtuiste

Advertisements

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: