Die Naam van die Roos – Umberto Eco

SPETT.UMBERTO ECO A NAPOLI(SUD FOTO SERGIO SIANO)

Hier eine Afrikaans-Übersetzung eines Abschnittes aus dem Buch „Der Name der Rose“ von Umberto Eco. Soviel ich weiß ist „Il Nome della Rosa“ nicht in Afrikaans übersetzt wurden. Als ich das Buch das erstemal las, las ich es in Englisch – „The Name of the Rose„. Der Abschnitt den ich übersetzt habe ist von dem siebenten Tag, Nacht, ein Teil des Gespräches zwischen William von Baskerville und Jorge von Burgos.

Alowel ek hierdie boek in Engels gelees het, het ek hierdie Afrikaanse gedeelte uit die Duits vertaal. Dalk is dit goed om ’n bietjie agtergrond te gee, vir diegene wat nog nie die boek gelees het nie. ’n Gesprek vind plaas tussen William van Baskerville en Jorge van Burgos. Die gesprek is teologies van aard en draai om ’n boek wat humor en gelag voorstaan en voorslaan. Die boek waarom hul gesprek draai is dalk selfs soms godslasterlik. Die filosofiese vraag is eenvoudig: Gelag of geen gelag? Teologie met grappies of sonder grappies? Het humor ’n plek in die teologie, in die filosofie?

Die boek speel af in 1327, met baie roomskatolieke verwysings wat dalk ’n bietjie navorsing van Afrikaans protestante lesers (soos ek) mag verlang.

William van Baskerville begin die gesprek:

„Wat is dit, i.v.m hierdie skripsie oor gelag, wat jou so verskriklik bangmaak? Jy kan tog nie deur hierdie boek uit die wêreld te verwyder, gelag uit die wêreld verwyder nie.”

“Nee, natuurlik nie. Gelag is die swakheid, vergangklikheid en verdorwenheid van ons vlees. Dit is die vermaak van die boer, die losbandigheid van die dronkaard, selfs die kerk het in haar weisheid plek gemaak vir ’n fees, die karnavaal en die jaarlikse vermaak, om dié onreinheid in te perk sodat die slegte gewoontes ’n afvoer kan vind en sodat ander begeertes en luste terug gehou kan word…

Maar so bly gelag iets laags en gemeen, ‘n beskerming vir die eenvoudige volk, ’n ongeweide misterie vir die hoi polloi. Is dit nie ook die Apostel wat sê: Dit is beter om jou te bemoei as om onder sinlikheid te lei nie? Eerder as dat julle die godgegewe orde openlik teen staan, lag liewer en verlustig julle in julle vuilbekkige parodieë van die orde, aan die einde van die maal, as julle die bekers en bottels leeg gemaak het, kies vir julle ’n koning van die Narre, verloor julself in die litergie van die esel en die sog, speel julle verkeerde satire! Maar hier, hier…” Jorge stamp met sy stywe finger op die tafel dig by die boek, wat William voor hom vashou, “hier word die lag se funksie op die kop gedraai en tot kunsform verhoog, hier word, vir gelag, die hekke na die wêreld van die geleertes oopgekmaak, hier word van gelag ’n filosofiese onderwerp gemaak, die onderwerp van ’n trouelose teologie… Jy het gister gesien, hoe die ongeleerde leke hulself skandelikke dwaalleringe kon voorskryf en omsit, omdat hulle die wette van God en die Natuur nie verstaan nie. Maar die Kerk kan hierdie dwaalleringe van die leke verdra, omdat die leke hulself oordeel, hulself ruïneer deur hulle eie onkunde. Die rou woede van Dolcino en sy kornuite sal nooit God se orde tot wankel bring nie. Dit preek geweld en dit sterf deur geweld, dit laat geen spore agter nie, dit kom tot ’n einde soos die karnival, en dit maak nie groot skade as dit vir ’n kort rukkie tydens die fees op aarde in die Epifanie van die verkeerde plaasvind nie. Dit is genoeg dat dié houding nie ook nog ’n projek word nie, dat die volkstaal geen Latyns vind wat dit verstaanbaarheid sal verleen nie. Die gelag bevry die Boer van sy vrees vir die Duiwel, omdat selfs die Duiwel, op die fees van die narre, snaaks en dom voorkom, gevolglik beheerbaar. Hierdie boek leer, dat die bevryding van die vrees vir die Duiwel ’n wetenskap is! Die lagende boer, by wie die wyn deur die keel vloei, voel soos ’n heer omdat hy die magsverhoudings omgegooi het.

Hierdie boek kan diegene wat kennis het leer met watse manupilasie, met watse slaggerete en van hierdie oomblik aan ook skerpsinnige argumente ’n mens die omgooi van magsverhoudings kan regverdig! En dan word dit in ’n werk van die verstand verander, wat in die ondeurdagte houding van die boer op die oomblik gelukkig nog niks meer as ‘n werk van sy maag is nie. Ja sekerlik is die gelag eie aan die mens, dit is die teken van ons beperktheid as sondaars. Uit hierdiedie boek, kan korrupte koppe soos joune tot die uitesrste gevolgtrekking kom dat daar in gelag die hoogste uiteinde van die mens lê. Lag verdruif vir ’n paar oomblikke die vrees uit die boer. Maar die Wet bewerk vir dit self geldigheid deur die vrees, waarvan die ware naam godsvrees is. Uit hierdie boek kan die Luciferiese vonke baie maklik spring, die vonke wat die hele wêreld, opnuut, aan die brand sal steek, en dan word die gelag ‘n nuwe kuns, wat selfs by Prometheus onbekent was: die kuns van die vernietiging van vrees! Die lagende boer het geen vrees vir die dood nie, solank hy lag, maar sodra die losbandigheid verby is, word die liturgie volgens die godelike plan, van die vrees vir die dood, hom weer opgelê. Uit hierdie boek kan die nuwe en vernietiginde strewe na oorwinging oor die dood deur die bevryding van vrees ontstaan. En wat is ons sondige mense dan sonder die vrees, wat dalk die mees barmhartige en genadigste van al God se gawes is? Oor die eeue heen, het die vaders en doktore geurige essensies van heilige kennis afgesonder, om deur meditasie oor die hoë-dinge, die mense uit die nood en versoeking van die laer-dinge, te bevry. Hierdie boek, wat die komedies en satiriese vertoonings en speeltonele regverdig as wonderbare medisyne wat kamstig ’n reiniging van die passies bewerk deur die vertooning van tekortkoming en laster en swakheid, hierdie boek sal die valse geleerdes daartoe verlei om in duiwelse terugskrywing van die regte prosedures, ’n verlossing van die hoë-dinge, deur aanneming van die laer-dinge, te probeer bewerk. Uit hierdie boek laat die gedagtes aflei, dat die mens hier op aarde (soos wat jou Bacon van die magia naturalis gehoop het) die oorvloed van die land van melk en heuning kan geniet. Presies dit is dit, waarna ons nie waag strewe nie en nooit sal kry nie! Kyk, hoe die jong monnikke hulself skaamloos verlustig aan die dom klug van Coena Cypriani. Wat ’n duiwelse parodie van die Heilige Skrif! Maar hulle weet na alles nog, dat wat hulle doen sleg is. Op die selfde dag egter, as die woorde van die filisowe hierdie tipe beperkte speletjies van die losbandige fantasie sal regverdig, waarlik, ek sê jou, op die selfde dag sal die beperkte in die sentrum spring, en die middelpunt is verlore! Die volk van God word ’n versameling van monsters, uitgespoeg uit die put van Terra Incognita, en die rande van die aardbol word die mittlepunt van die Christelike Koninkryk – Die Arimaspen op die stoel van Petrus, die Blemmye in die kloosters en die trommeldik dwergies met waterkoppe word die beskermers van die biblioteke! Die knegte sal die wet voorlees, en ons (ja, ook jy!) sal blindelings gehoorsaam moet wees in totale wetteloosheid. ’n Griekse filisoof (wat deur jou Aristoteles aangehaal word as medepligtige en leunagtige Auctoritas) het eenkeer gesê, ’n mens moet die erns van jou teenstaander deur gelag ontbind en die gelag met erns ontmoet. Wel, die Weisheid van ons vaders het hulle keuse gemaak: As die gelag die vermaak van die laer volk is, moet die vryheid van die laer volk in eng grense gehou word, dit moet verklein en onderdruk word deur erns. Want die volk besit geen gereedskap, om sy gelag te verfyn en dit tot skerp wapen te smee teen die erns van die herder nie, die herdier wat die volk na ewige lewe moet lei en daarom op sy hoede moet wees teen die versoeking van die maag, die skaamte, die tafelvreugde en al sy vuil begeertes. Sou iemand eendag die woorde van die filesowe draai en gevolglik self voorkom as filesoof, sou iemand so die kuns van die gelag tot snydende wapen smee, dan sal die retoriek die oortuiging vervang deur ’n retoriek van spot, dan word die Topik van geduldige opbou en samevoeging van redings-beelde van saligmaking onderdruk deur ‘n Topik van ongeduldige afbreuk en op-die-kop-stelling van heilige en eerbaarste beelde, o, waarlik, ek sê jou, dan word ook jy, William van Baskerville, saam met jou hele weisheid in die draaikolk getrek!”

“Hoe so? Ek sal veg, my grap teen die grap van die ander. Dit sal ’n beter wêreld wees as ons s’n, waarin die vuur en die gloeiende yster van Docino voor die vuur gehou word en die gloeiende yester van ’n Bernard Gui.”

“Jy sal baie gou onder die verleiding van die demoon swig, jy sal na die ander kant van die slagveld van Armagedon oorkruis, waar dit tot die laaste geveg sal kom. Maar ook vir daardie dag moet die kerk nog eenkeer die reëls van die geveg bepaal. Ons het geen vrees vir die lastering nie, want selfs in die vervloeking van God erken ons die geskende afbeelding van die toornige Jahwe, wat die opstandig engele vervloek. Ons is ook nie bang vir die gewald van die ketser wat die priester dood maak in die naam van een-of-ander vernuwingsfantasie nie, want dit is geen ander gewald as die van die prinse, wat die volk Israel wou vernietig nie. Ons is bang nog vir die strenge van die Donatiste, die selfmoordwaan van die Circumcellione, nog die wellust van die Bogomilen, die trotse reinheit van die Albigense, die bloeddors van die Flagellante of die dronkenskap van die bosheid van die broeders van die Vrye Gees: Ons ken hulle almal, ons ken die wortel van al hulle sondes, omdat dit ook die wortels van ons heiligheid is. Die ketser bewerk in ons geen vrees nie, en bo alles weet ons, hoe hulle vernietig kan word, meer presies: hoe ’n mens hulle daartoe beweeg om hulself te vernietig, want dit kos nie veel nie, en hulle sit in die Zenith van hulle hemel die begeerte om te sterf wat uit die afgrond van hul Nadir ontstaan. Ja, ek wil amper sê, hulle aanwesenheid is vir ons duur, hulle pas goed in God se plan want hulle sondes versterk ons deugd, hulle laster spoor ons lofpreis aan, hulle bandelose vergewensverdraaitheid spoor ons smaak aan offerhande aan, hulle godeloosheid laat ons godsvrees helder skyn, soos die prins van donkerte met sy rebellie en desperaatheid nodig is om die volle glans te laat skyn, die Gloria Dei, Begin en Einde van alle Hoop…

Maar as, eendag, – en nie net as plebejer uitsondering nie, maar as asketisme van die wetendes en geleertes wat goed vertroud is met die onvernietigbare getuienis van die skrif – die kuns van belaglikmaak aanvaarbaar word en edel en skitterent voorkom en nie meer gemeen nie, as iemand eendag kon sê (en gehoor vind daarvoor): Ek lag oor die inkarnasie… dan, William, dan het ons geen wapen meer, om hierdie laster teen te staan nie, want dit sal die donker kragte van die ligaamlike materie saamroep, daardie magte wat hulself in windbreek manifesteer en die winbreek sal homself dit laat toekom wat aleen aan die Gees behoort, om te waai waar hy wil!”

“Lykurg laat ’n standbeeld vir die gelag oprig.”

“Ek het daarvan in die boek van die Chloritius gelees, Chloritius wat die Mimen wou vryspreek van die anklag van godeloosheid, hy wat ons vertel, hoe ’n sieke van sy boosaardigheid genees is, omdat die dokter hom laat lag het! Waarom moes die dokter hom genees, God het tog besluit dat sy dae op die aarde verby was.”

“Ek glo nie, dat die dokter hom van sy boosaardigheid genees het nie. Hy het hom geleer om oor sy boosaardigheid te lag.”

“Die boosaardigheid kan nie uitgedryf word nie. Die siekte vernietig ’n mens.”

“Saam met die ligaam van die sieke?”

“As dit moet.”

“Jy is die duiwel!” sê William. Jorge blyk nie te verstaan nie. Sou hy kon sien, sou ek sê: Hy staar sy teenstander verstom aan.

“Ek?” vra hy.

“Ja, jy! Daar is vir jou gelieg, die Duiwel is nie die prins van Materie nie, die duiwel is die arrogansie van die gees, geloof sonder ’n glimlag, die waarheid wat nooit deur twyfel in beslag geneem word nie. Die Duiwel is swart en donker, want hy weet waarheen hy gaan en hy gaan altyd daarheen terug vanwaar hy gekom het. Jy is die Duiwel jy leef soos die Duiwel in die donkerte.”

Advertisements

Ein Kommentar zu “Die Naam van die Roos – Umberto Eco

  1. Pingback: Die Naam van die Roos | Afrikaans in Leipzig

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: