Afrikaans 1795 – Heute

Radio Pretoria Kommentaar vir Dinsdag 7 Augustus 2012
Die eerste skriftelike Afrikaans

Op 7 Augustus 1795 – so lank gelede as ses jaar na die uitbreek van die Franse rewolusie en 80 jaar voor die stigting van die Genootskap vir Regte Afrikaners – verskyn die eerste bekende voorbeeld van geskrewe Afrikaans. Hierdie stukkie Afrikaans was ’n gedig met die titel „Lied ter eere van de Swellendamsche en diverse andere helden bij de bloedige actie aan Muisenberg in dato 7 Augustus 1795.“

Daar is dus toe al in Afrikaans gepraat en gedink en geskryf. Amptelik is hierdie gedig die begin van die skryftradisie in Afrikaans. Afrikaans wat ’n Afrikataal is omdat dit op hierdie kontinent onstaan en ontwikkel het, sou na 1795 nog wel ’n harde stryd moes voer om voortbestaan en erkenning, maar sou merkwaardig vinnig groei tot ’n taal met ’n letterkunde wat in die wêreld kan meeding.
’n Werk soos Raka deur NP van Wyk Louw kan met vrymoedigheid in dieselfde asem as ander hoog aangeslane werke in die wêreldletterkunde genoem word.

Die digter Ernst van Heerden het in 1948 tydens die Olimpiese Spele in Londen tydens ’n spesiale kompetisie met ses van sy sportgedigte ’n silwer medalje losgeslaan. Die doelwit soos gstel in die erste uitgawe van die tydskriffie Ons Klijntji is dus verwesenlik naamlik om „Afrikaans te skrywe en ’n Afrikaanse letterkunde te vorm.“
Met verloop van tyd het al meer Afrikaanse tydskrifte en koerante die lig gesien. Dit het gegroei tot die verskeidenheid en kwaliteit wat veral Afrikaanse tydskrifte die leser bied. En in die akademie het Afrikaans hom as vaktaal gevestig geraak.

Danksy kundiges en medewerkers vir wie Afrikaans ’n hartsaak was, het onder andere ’n noembare verskeidenheid Afrikaanse vakwoordeboeke die lig gesien.
Die huidige oorlewensstryd waarin Afrikaans – ook in gedrukte vorm – hom bevind, roep ons egter op tot daadwerklike en doelgerigte optrede. Verskeie biblioteke koop weinig, indien enige nuwe Afrikaanse boeke aan. Afrikaans as vaktaal verarm intens omdat vakwoordeboeke nie meer bygewerk word nie. Slegs Engelse ekwivalente word beskikbaar gestel. Gebrek aan fondse word as verskoning aangevoer, maar kan dit ooit genoeg rede wees waarom ons nie in massas aanhou aandring op Afrikaans nie? Die taalstryders van 1875 het broodnodige ideaal van die Bybel in Afrikaans laat realiseer sonder om hulle deur fondse laat voorsê.

Afrikaans was belangriker en dit in ’n tyd wat baie Afrikaners to selfs in die volgende eeu nog verkies het om in Engels te skyf en in Engels te korrespondeer. ’n Voorbeeld hiervan is die Engelse briefwisseling tussen president Steyn en sy vrou, Tibbie. In die „Geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging (Tweede druk 1909) staan daar: „Daar is 3 soorte Afrikaners. Daar is Afrikaners met Engelse harte. Daar is Afrikaners met Hollandse harte. En dan is daar Afrikaners met AFRIKAANSE harte. Die laaste noem ons regte Afrikaners en die veral roep ons op om aan ons kant te kom staan.“

By wyse van hierdie metafoor word regte Afrikaners opnuut opgeroep om Afrikaans weer die saak te maak waar dit vir die taalstryders was – ’n saak van die hart. Omdat dit so was het hulle die taalstryd met soveel besieling gevoer. Op ons rus die appel om dieselfde te doen.

Advertisements

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: