Inwendige Stryd en Troosryke Herinneringe

Vir die nederige, met ’n gebreekte hart, soos ’n Psalm van Asaf

Ons stem is tot God en ons roep; ons stem is tot God, dat Hy na ons kann luister. Soek ons die HERE op die dag van ons benoudheid? Snags bly ons hand uitgestrek sonder om moeg te word; ons siel weier om getroos te word. As ons aan God dink, moet ons steun; peins ons, dan versmag ons gees. Dink daaroor!

U hou ons ooglede oop; ons is onrustig en kan nie spreek nie.

Ons dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare. Ons wil dink aan ons snarespel in die nag, wil peins met ons harte, en ons gees deurvors: Sal die Here vir altyd verstoot en verder nie meer goedgunstig wees nie? Hou sy goedertierenheid vir altyd op? Is dit met die belofte gedaan van geslag tot geslag? Het God vergeet om genadig te wees? Of het Hy in toorn sy barmhartighede toegesluit? Dink daaran!

Toe het ons gesê: Dit is ons grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander! Ons dink aan die dade van die HERE; ja, ons wil dink aan u wonders uit die voortyd En al u werk oordink, en ons wil peins oor u dade. o God, u weg is in heiligheid. Wie is ’n groot God soos ons God? U is die God wat wonders doen; U het u sterkte onder die volke bekend gemaak. U het u volk met ’n sterk arm verlos, die kinders van Pretorius en van Cilliers. Dink daaran!

Die waters het U gesien, o God, die waters het U verkleur, hulle het gebewe; ja, die watervloede het rooi geword. Die wolke het water uitgegiet, die hemele het donder laat hoor, ook het u pyle rondgevlieg. U rollende donder het weerklink; bliksems het die land verlig; die aarde het gesidder en gebewe. Ons weg was oor die see en ons paaie oor groot waters, en ons spore wou ons nie beken nie. U het u volk soos skape gelei deur die hand van Jesus Christus, U gesalfde.

Advertisements

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: