Net nie onskuldig nie.

EN nóú lag hulle wat jonger is as ons, ons uit — mense wie se vaders ons te min geag het om by ons honde te sit. Wat was die krag van hulle hande ons wêrd? Die frisse lewenskrag gaan by hulle verlore.

Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting; hulle wat pap eet by bossies, en die bene van hoenders is hulle brood. Uit elke gemeenskap word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor ’n dief. In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in mishuise.

Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar —dwase, ja, eerlose mense wat met ’n sweep uit die land geslaan word. En nou het ons hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.

Hulle het ’n afsku van ons, staan op ’n afstand van ons af en ontsien nie om ons in die gesig te spuug nie. Want Hy, die Here self, het ons boogsnaar losgemaak en ons verneder; so het hulle dan teenoor ons opgestaan. Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot ons voete weg en gooi hul onheilspaaie teen ons op.

Ons pad verniel hulle, hulle help om ons te laat val sonder dat hulle self ’n helper het. Hulle kom op ons aan asof die deur vir hulle oopgehou word; te midde van ons puinhope kom hulle steeds aangerol. Verskrikkinge is teen ons gerig; hulle vervolg ons soos die wind, en soos ’n wolk het ons geluk verbygegaan.

Daarom stort ons siel hom nou uit in ons; dae van ellende hou ons vas. Die nag deurboor ons gebeente, en dit val van ons af; en ons knaende pyne rus nooit nie. Deur goddelike oormag word ons kleed heen en weer geruk; dit wurg ons.

Hy, die Here self, het ons in die modder gewerp, en ons het soos stof en as geword. Roep ons U aan om hulp?  Antwoord U?; Staan ons stil, of hardloop ons in verwarring rond? Staar U ons aan of wag U om ons geroep te hoor?

Is U jeens ons verander in ’n onbarmhartige?; Behandel U ons deur die sterkte van u hand as vyand? U hef ons op die wind, laat ons daarop ry; en U laat ons vergaan in stormgedruis. Want ons dink: U wil ons na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.

Maar sal iemand by ons ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by ons ondergang om dié rede om hulp roep nie? Of het ons nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was ons siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?

Het ons op die goeie gehoop?  Onheil het gekom.  Het ons gewag op lig? Donkerheid het gekom. Ons ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het ons teëgekom. Ons gaan daarheen in die rou, sonder son; ons staan op in die vergadering, ons roep om hulp.

Ons het ’n broer geword vir die jakkalse en ’n vriend vir die volstruise. Kan ons vel swart word of van ons af val?  Ons gebeente gloei van hitte. So het dan ons gesang ’n rouklag geword en ons fluit ’n stem van die wat ween.

Advertisements

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: