Wiederholungstest

Afrikaans – Prüfung

Am Dienstag, den 19.06.12 haben wir einen kleinen unangekündigten Wiederholungstest geschrieben. Der Test bestand aus 5 Teilen. Lesen, Schreiben und ein bisschen Grammatik, wobei Teil 1 (Lesen) wahrscheinlich am schwierigsten war und sein wird, da der Text voller Diminutiven, Adverben  und Adjektiven ist, womit wir es bisher noch nicht zutun gehabt haben. Der Text ist auch nicht ausschließlich im Präsens geschrieben; betrachtet es als Ausblick auf den Kurs Afrikaans 1 im Wintersemester.

Frage 2 -4 sollte relativ einfach sein, es geht um Propositionen, Fragewörter und Verneinungen.

Frage 5 hat nach einer Antwort auf eine Email gefragt. Das habt wir schon gemacht. 😉

Ich erstelle einen Link mit dem Test zum Runterladen, so dass die von euch, die nicht am 19. da waren, auch den Test schreiben können und dann schauen wir ihn uns am 26. gemeinsam an.

Ach so, ja!

Waar = Wahr

Onwaar=Falsch

Vraag 1 Begripstoets

Lees die storie en antwoord die vrae wat volg.

PIPPIE GAAN WOON IN HUIS WINDERUIS

Aan die een end van ’n klein stadjie lê ’n verwaarloosde ou tuin. In die tuin staan ’n ou huis, en in die huis woon Pippie Langkous. Sy is nege jaar oud en sy woon stoksielalleen in die huis. Sy het nie ’n mammie of ’n pappie nie, en dit is vir haar eintlik baie lekker, want op dié manier is daar ook mos niemand wat vir haar kan sê sy moet gaan slaap nes sy op haar lekkerste aan’t speel is of wat vir haar lewertraan kan injaag as sy liewer lekkergoed wil eet nie.

Eens op ’n tyd het Pippie darem ’n pappie gehad, en sy het vreeslik baie van hom gehou; ja, en sy het darem ’n mammie ook gehad, maar dit was so lank gelede dat Pippie haar glad nie kan onthou nie. Haar mammie is dood toe sy nog ’n klein ou babatjie was wat so gevaarlik in haar wiegie lê en skree het dat g’n mens naby haar kon kom nie. Pippie meen dat haar mammie nou daarbo in die hemel woon en deur ’n klein gaatjie kan afkyk en haar dogtertjie sien, en Pippie kyk dikwels op en waai vir haar en sê: „Mammie moenie bang wees nie, hoor! Ek sal regkom!“

Maar haar pappie het sy ook nie vergeet nie. Hy was ’n skeepskaptein en hy het op die oseane rondgevaar, en Pippie het saam met hom op sy skip gevaar totdat hy deur ’n stormwind oorboord gewaai is en verdwyn het. Maar Pippie is heeltemal seker hy sal eendag weer terugkom. Sy glo glad nie dat hy verdrink het nie. Sy glo dat hy tot by ’n eiland gedryf het wat vol mensvreters was, en toe word hy die koning van al die mensvreters en nou loop hy die hele dag met ’n goue kroon op sy kop daar rond.

„My mammie is ’n engeltjie en my pappie is ’n mensvreterkoning, a ja! En dis nie sommer elkeen wat so ’n wonderlike mammie en pappie het nie!“ vertel Pippie altyd hoog in haar noppies. „En as my pappie eers vir hom ’n boot gebou het, dan kom hy my haal en dan word ek ’n mensvreterprinses. Dan gaan julle ’n ding sien!“

Jare gelede al het haar pappie die ou huis met die ou tuin gekoop. Hy het gedink hy en Pippie sou lekker daar kon saamwoon as hy eendag oud word en nie meer op die oseane kan rondvaar nie. Maar toe kom die lastige stormwind en waai hom in die see in, en terwyl Pippie nou wag dat hy moet terugkom, het sy maar solank in Huis Winderuis gaan woon. Dit was die huis se naam. Hy het mos klaar gemeubileerd daar vir haar staan en wag.

Een heerlike someraand het sy al die matrose op haar pappie se skip gegroet. Hulle was baie lief vir Pippie en sy vir hulle. „Tot siens, ouens,“ sê Pippie en soen hulle die een na die ander op die voorkop. „Moet julle nie oor my bekommer nie, hoor! Ek sal regkom!“

WAAR OF ONWAAR:

a. __________ Pippie was ’n baie stil baba.

b. __________ Huis Winderuis was vol meubels toe Pippie daar intrek.

c. __________ Die matrose was bly toe Pippie die skip verlaat het.

 

ONDERSTREEP DIE REGTE ANTWOORD:

a. Watter seisoen was dit toe Pippie die skip verlaat het?

(somer, winter, lente, herfs)

b. Watter kleur, dink Pippie, is haar pa se kroon?

(rooi, geel, blou, goud, silwer)

SKRYF DIE REGTE ANTWOORDE IN:

a. Watter soort werk het Pippie se pa gedoen voordat hy oorboord gewaai is?

Pippie se pa was ’n __________________________.

 

Vraag 2

Skryf die volgende sinne in negetiewe form.

Voorbeeld: Ek eet kos. Ek eet nie kos nie.

2.1. My naam is Frik.

2.2. Sy eet graag varkvleis.

2.3. Ons kyk elke Sondag Tatort.

2.4. Marie hou van Pieter.

2.5. Ons kan almal baie goed Russies praat.

Vraag 3

Kies die regte antwoord of vraag uit opsies a, b of c,

Voorbeeld:

a.Waar is jou huis? ☺

b. Hoe lyk jou huis? x

c. Watse kleur is jou huis? x

“My huis is in Johannesstraat.”

 

3.1.

Hoeveel mense woon in China?

a. “China is in die Ooste.”

b. “China is baie groot!”

c.  “Miljoene!”

3.2.

Hoekom eet jy vis?

a. “Ek eet vis met tamatiesous.”

b. “Vis proe lekker.”

c.  “Ek eet tweekeer per week vis”

3.3.

a.Waar is jou ma?

b. Wie is jou ma?

c. Hoe is jou ma?

“My ma is Renette Visagie.”

3.4.

a.Waarom is jy laat?

b.Hoe laat is dit?

c.Wat laat jou so dink?

“Verskoon my asseblief, die trein was laat”

Vraag 4

Kies uit die gegewe voorvoegsels die een wat die beste in die spasies inpas.

in      by      voor      teen      op      langs       aan         in    

Laat een aand loop ek _____ ‘n kroeg in. ____ die anderkant van die kroeg staan ‘n man. Hy het ‘n bottel Jack Daniels _____ sy hand. Agter hom, ____ die muur hang ‘n plakaat van Pamala Anderson en ‘n mes. Die man is groot en sterk en hy het lanklaas geskeer. Daar sit vyf mense ______ hom, hy skink vir elkeen ‘n glas Jack, een vir een. Die eerste is ‘n baie maer man met ‘n rooi kep ______ sy kop. ______ hom sit ‘n ou vrou met krilers _in_ haar hare….

Vraag 5

Antwoord die volgende epos.

Geagte Mnr. en Me. Smit
Ek sien baie uit daarna om julle uiteindelik te ontmoed!
Ek wil u graag Vrydag oggend by die lughawe gaan afhaal maar het geen idee hoe julle lyk nie.
Kan u my asb. vertel hoe u lyk en watse klere en kleure u Vrydag gaan aan hê?
Beste wense
Japie Mulder
Advertisements

Kommentar verfassen

Trage deine Daten unten ein oder klicke ein Icon um dich einzuloggen:

WordPress.com-Logo

Du kommentierst mit Deinem WordPress.com-Konto. Abmelden / Ändern )

Twitter-Bild

Du kommentierst mit Deinem Twitter-Konto. Abmelden / Ändern )

Facebook-Foto

Du kommentierst mit Deinem Facebook-Konto. Abmelden / Ändern )

Google+ Foto

Du kommentierst mit Deinem Google+-Konto. Abmelden / Ändern )

Verbinde mit %s

%d Bloggern gefällt das: